Volkie Sosiaal

Sokkie

Die sokkies wat gehou word by Volkies is nie sommer amateurs wat gedink het hul ken bewegings nie; dis ‘n jol wat ieder en elk geniet!

Daar word deur die jaar vir leerders sokkies aangebied en die geleentheid is gewoonlik op die eerste dag van ‘n nuwe kwartaal.Noem die danse op en dit is daar: sakkie-sakkie, pop, jazz, rock en rave…en moet nie die eetgoed vergeet wat gewoonlik te koop aangebied word nie.

‘n Besondere sokkie-geleentheid is die Valentynsbal wat elke jaar deur een van die koshuise aangebied word.

Alle sokkie-geleenthede word gereserveer vir Volkie-leerders.

Geen persoon van buite of leerders van anders skole mag dit bywoon nie en verskeie personeellede hou toesig sodat ouers hul kinders met ‘n geruste hart by die geleenthede kan aflaai.

Mr. en Mej. Volkie

Mnr en mej Volkie is ‘n glansgeleentheid waaraan 18 skoolleerders deelneem. Ses leerders uit graad 10-12, 3 meisies en 3 seuns, word deur hul klasmaats aangewys.

Individuele onderhoude word met elkeen van die deelnemers gevoer. Vir die geleentheid word ‘n paneel beoordelaars, gewoonlik persone wat nie die leerders ken nie, met die hand uitgesoek. Na elke deelnemer die onderhoude “oorleef” het, vind die loopplankkompetisie plaas.

Die kompetisie gaan nie net oor die uiterlike nie; Die wenners moet as ambassadeurs vir die skool kan optree.

Die beoordelaars wys wenners in die volgende kategorieë aan: mnr en mej Volkie, mnr en mej Fotogenies en mnr en mej Persoonlikheid.

Voorwaar ‘n geleentheid waar daar met ander oë na die leerders gekyk word.

Volkie Dolkie

Nog ‘n sosiale hoogtepunt op Volkies se sosiale kalender … Volkies se eie Oscargeleentheid vroeg in Augustus elke jaar!

Hierdie funksie bied die geleentheid om diegene wat deur die jaar die een of ander “bydrae” in Volkie-land gemaak het, te vereer. Indien jy ‘n geesbees of ‘n lagmonster of dalk die beste snoepieondersteuner is, sal jy beslis in aanmerking kom vir ‘n dolkie.

Buiten die toekennings, is dit ook ‘n geleentheid om jou netjies uit te vat, lekker te eet en die dansskoene af te stof!

Kaskarresies

Inligting volg…

Die kompetisie gaan nie net oor die uiterlike nie; Die wenners moet as ambassadeurs vir die skool kan optree.

Die beoordelaars wys wenners in die volgende kategorieë aan: mnr en mej Volkie, mnr en mej Fotogenies en mnr en mej Persoonlikheid.

Voorwaar ‘n geleentheid waar daar met ander oë na die leerders gekyk word.