Krieket

Direkteur: Krieket
Wynand Schmitt
-
CSA-vlak 3-afrigtersertifikaat
-
Wen ʼn toekenning by CSA as die provinsiale vroue-afrigter van die jaar in 2022.
-
Rig vir meer as 10 jaar by Volkies af.
-
Het al 10 SA-skolespelers opgelewer by die o.19-seuns en o.19-dogters se onderskeie Nasionale Toernooie.
-
Wen Noordwesliga nege keer as Volkie-afrigter.
Volkie-krieket: Die Voorste Krieketskool in Noordwes
Volkie-krieket het oor die laaste paar jaar Volkskool as die voorste krieketskool in die Noordwes-provinsie gevestig. Volkies wen die Noordwes-titel die afgelope ses jaar agtereenvolgens en het ‘n kultuur van uitnemendheid, kwaliteitafrigting en unieke spelerontwikkeling gekweek.
Volkies spog met ons eie krieketakademie, waar spelers regdeur die jaar professionele en individuele krieketafrigting ontvang. Met die bou van ‘n splinternuwe binnenshuise krieketsentrum beskik Volkies ook oor van die voorste krieketfassiliteite wat winter- en somersoefening moontlik maak.
Volkies neem jaarliks deel aan groot toernooie soos die A-afdeling van die Finsbury krieket-reeks asook die jaarlikse Noord-Suid-toernooi.
Volkies se o.15A-span is die huidige Finsbury A-liga-kampioene en is tans nommer 3 op die nasionale ranglys.