Musieksentrum

Die Suzette Wilkens-musieksentrum is ’n unieke en kosbare deel van Volkies se kultuurprogram. Hierdie sentrum bied uitnemende musiekonderrig in instrumente soos klavier, keyboard, kitaar, kerkorrel, trompet, dromme en marimbas. Wat hierdie sentrum besonders maak, is die betrokkenheid by die aanbieding van konserte waar huidige en oud-Volkies saam musiek maak en hul liefde vir musiek met die gemeenskap deel.