Volkie Vonk

Hoër Volkskool beoog om in die volgende tien jaar homself te vestig as die skool van keuse in die Noordwes-provinsie

Met die hulp van betrokke aandeelhouers het ons die Volkie Vonk struktuur gevestig waardeur die ontwikkeling van ons huidige infrastruktuur, menslike hulpbronontwikkeling en maatskaplike welstand versnel kan word.

Wat is ons fokus?

  1. Die vestiging en uitbreiding van strategiese infrastruktuur-projekte.
  2. Die ontwikkeling van alle menslike hulpbronne met betrekking tot Hoër Volkskool-leerders, -personeel en -afrigters.
  3. Maatskaplike ondersteuning vir minderbevoorregte leerders.

Word vandag deel van Volkie Vonk en maak ‘n verskil in die gemeenskap!

www.volkievonk.co.za

Volkie Vonk!

Want ‘n vonkie word ‘n vuur

Designed by Woema Produksies