Atletiek

Direkteur: Atletiek en Rugby
Nicol Degenaar
Ons atletiekprogram bied aan leerders die geleentheid om hul volle potensiaal te bereik deur toegewyde afrigting, toegang tot goeie oefenfasiliteite en topklas-kompetisie
Met ‘n ryk geskiedenis van uitsonderlike prestasies op provinsiale en nasionale vlak, kweek Volkie-atletiek ‘n kultuur van toewyding en sportmangees. Ons atlete word aangemoedig om hul grense te verskuif en die waardes van respek, dissipline en harde werk uit te leef – op en van die baan af.