Toneel

Volkie-toneel bied ’n platform vir uitnemendheid waar leerders hul kreatiwiteit, talent en liefde vir drama kan uitleef. Met hoë standaarde en toegewyde begeleiding het Volkies se toneelgroepe al bewys dat hulle op die hoogste vlak kan deelneem.

Ons is trots daarop dat ons produksie BOKS, in 2024 onder die top 7 by die FAK Allegretto Toneelfees aangewys is.

Verder het verskeie Volkies-leerders al in film- en rolprentproduksies verskyn, wat getuig van die gehalte van ons drama-ontwikkeling.

Volkies het ook al twee eie flieks geskiet, met leerders en personeel as akteurs én skrywers – ’n bewys van die kreatiewe gees wat deur ons skool vloei.