Eisteddfod

By Volkies bied ons ’n dinamiese en inklusiewe Eisteddfod-program wat leerders die geleentheid gee om hul kreatiwiteit en talent op verskeie maniere uit te leef. Ons neem jaarliks met trots aan die Allegretto Eisteddfod deel, waar leerders kan deelneem in kategorieë soos kuns, fotografie, monoloë, voorlesings, asook gedramatiseerde prosa en poësie. Hierdie platforms moedig selfvertroue, kreatiewe denke en openbare optrede aan, en vorm ’n belangrike deel van ons kultuurprogram.

Verder het verskeie Volkies-leerders al in film- en rolprentproduksies verskyn, wat getuig van die gehalte van ons drama-ontwikkeling.

Volkies het ook al twee eie flieks geskiet, met leerders en personeel as akteurs én skrywers – ’n bewys van die kreatiewe gees wat deur ons skool vloei.

Dankie aan ons Skool Borge

Designed by Woema Produksies