Kultuur

Kultuurhoof
Karien Benson
By Volkies bied ons ’n uiteenlopende reeks kultuuraktiwiteite aan wat elke leerder die kans gee om hul unieke talente te ontwikkel en uit te leef. Onder leiding van ons toegewyde kultuurdepartement, neem leerders deel aan die Eisteddfod, dra hul stem en idees by tot die skoolkoerant, en skitter op die verhoog. Verskeie toneelproduksies en musiekkonserte word deur ons aangebied. Ons moedig ook deelname aan redenaarskompetisies, UNISA se praktiese en teoretiese musiekeksamens, en verskeieolimpiades aan – alles met die doel om akademiese en kreatiewe uitnemendheid te bevorder.
Volkies se kultuuraktiwiteite sluit in:
- Eisteddfod
- Skoolkoerant
- Suzette Wilkens-musieksentrum en -konserte
- Redenaars
- Toneel
- UNISA Prakties en Teorie
- Olimpiade