Rugby

Direkteur: Atletiek en Rugby

Nicol Degenaar

Volkie-rugby: ‘n Erfenis van trots en tradisie

Volkie-rugby is diep gewortel in die ryk geskiedenis en trotse tradisies van Hoër Volkskool Potchefstroom. Volkies het oor die dekades ‘n reputasie opgebou vir goeie spelerontwikkeling, uitstekende afrigting en ‘n onwrikbare spanbougees.

Met ‘n lang lys van prestasies op provinsiale- en nasionale vlak, is Volkie-rugby sinoniem met deursettingsvermoë, respek en- ‘n onwrikbare spangees. Ons spelers word van ‘n jong ouderdom af ontwikkel deur ‘n gestruktureerde program wat tegniese vaardighede, fisiese krag en taktiese insig kweek.

Elke Volkie wat die trui aantrek, dra nie net ‘n nommer nie – hy dra ‘n nalatenskap van trots, broederskap en ‘n passie vir die spel. 

Volkie-rugby: een span, een skool en trotse tradisie 

 rugby@volkiespotch.co.za