Mnr en Mej Volkie

Elke jaar is die Mnr en Mej Volkie-aand ’n ware hoogtepunt op die Volkies-kalender. Dit is nie net ’n viering van uiterlike skoonheid nie, maar ’n geleentheid waar karakter, moed en persoonlikheid in die kollig staan.

Wat hierdie aand besonders maak, is dat dit deur ons eie leerders georganiseer word – ’n bewys van hul kreatiwiteit, leierskap en spanwerk. Die hele skoolgemeenskap kom saam om ’n atmosfeer van trots, vreugde en verbondenheid te beleef.

Elke jaar skryf hierdie aand sy eie storie – een wat altyd vir die boeke is en wat herinneringe skep wat lank sal voortleef.

 

Mej Volkie 2026- Shai-Lynn Peacock

Mnr Volkie 2026- Schalk Pienaar
Mej Volkie 1ste prinses- Danél Graham
Mnr Volkie 1ste prins- Handro Jacobs
Mej Volkie 2de prinses- Nicki Tromp
Mnr Volkie 2de prins- Nicholaas Moolman
Mnr Bo-lyf- Johannes Lombard
Mej Bene- Blanche Kruger
Mej Persoonlikheid- Shai-Lynn Peacock
Mnr Persoonlikheid- Marthin Koch
Mej Fotogenies- Nicki Tromp
Mnr Fotogenies- Samuel Davey