Landbou

Mnr. Johan Herbst

Landboutegnologie

Mnr. Stephan du Plessis

Landboubestuurspraktyk

Volkies bied die volgende Landbouvakke aan:

 

Landboubestuurspraktyk:

Landboubestuurspraktyk is die studie en toepassing van produksie, ekonomiese- en bestuursbeginsels wat in die verbouing, transformasie en bemarking van voedsel en ander landbouprodukte gebruik word. 

Die vak is ontwikkel om jou ’n gesonde praktykgerigte grondslag te bied wat die teoretiese en praktiese komponente integreer en sluit in:

  • Bestuursvaardighede
  • Entrepreneursvaardighede 
  • Bedryfsvaardighede
  • Bemarkingsvaardighede 
  • Navorsingsvaardighede

 

Landboutegnologie:

Vakbeskrywing:
Landboutegnologie is ‘n tegniese vak wat fokus op die toepassing van ingenieurs- en tegnologiese beginsels in die landboubedryf. Dit kombineer teorie en praktiese vaardighede om leerders toe te rus met kennis oor landboumasjinerie, infrastruktuur, waterbestuur, elektrisiteit, meganisasie en volhoubare boerderymetodes.