Aansoeke

Aansoek om Toelating/Inskrywingsvorm 2025 / 2026

INSKRYWINGS EN AANSOEK OM TOELATING

TOELATINGSVEREISTES


Toelating tot die skool is streng volgens die Noordwes Onderwysdepartement (NWDE) se regulasies.

Hoër Volkskool Potchefstroom is ‘n Kwintiel 4-skool, wat beteken dat ons ‘n skoolfondsbetalende skool is. Die eerste betaling betaalbaar voor/op dag van registrasie 2026.

Hoër Volkskool Potchefstroom is ‘n enkelmediuminstelling. Die onderrigtaal van gr. 8 tot gr. 12 is Afrikaans. (Leerders sal slegs toegelaat word indien hy/sy Afrikaans op Huistaalvlak kan verstaan, lees, skryf en praat.)

Leerder moes AFRIKAANS HUISTAAL die vorige jaar geslaag het.

Goedkeuring tot toelating word slegs verleen indien die Beheerliggaam oortuig is dat die leerder aan die ouderdomsvereiste van hierdie skool voldoen.

Graad 8: 15 jaar

Graad 9: 16 jaar

Graad 10: 17 jaar

Graad 11: 18 jaar

Graad 12: 19 jaar

Die leerder moet oor die vereiste akademiese prestasiepeil, goeie gedrag en vordering vir toelating tot die skool beskik.

Die ouer of voog van ‘n leerder moet namens homself en die kind, voor toelating, skriftelik verklaar dat hulle die visie, missie, skoolbeleid en gedragskode van die skool te alle tye sal onderskryf, handhaaf, beskerm en dat hulle hulle sal onderwerp aan al die toelatingsvereistes, tugmaatreëls en ander skoolreëls.

‘n Leerder kan slegs tot die skool toegelaat word indien die skoolhoof oortuig is van sy akademiese en skolastiese standaard of bedrewenheid, asook van sy bevredigende gedrag by sy vorige skool.

By goedkeuring om toelating, onderneem die ouer of voog skriftelik om die eerste betaling en die regtens verpligte onderriggeld, soos voorgeskryf deur die Beheerliggaam, stiptelik te betaal, en om as ouer of voog konstruktief betrokke te wees by aktiwiteite van die skool.

Vir enige navrae, stuur ‘n e-pos na:

inskrywings@volkiespotch.co.za